Akademiese Agenda

Meester-Onnies In Triplikaat Vereer

Lara Dennis

Picture1
Juf. Lida Smith (Foto deur Le-Lanie Ludick.)

Op 28 Januarie 2016 is me. Lida Smith, me. Linda Peacock én mnr. Carel Freysen as Meester- onderwysers van Helpmekaar Kollege vereer. Díe spesiale toekenning, wat tydens die Akademiese prysuitdeling toegeken word, dien as beloning vir onderwysers wat uitstekend presteer in hulle vakgebiede.

CAREL
Mnr. Carel Freysen (Foto deur me. Sofi Woest)

 

Die onderwysers moes aan spesifieke kriteria voldoen, soos om ondermeer ‘n IEB-assessorkursus te voltooi; ten minste 5 jaar vir IEB-matrieks skool te hou; en besonderse matriekresultate te verkry.

Me. Smith gee al 12 jaar vir IEB-matrieks Fisiese Wetenskappe en voel dié toekenning dien as ‘n “pat on the back”. “Dit bevestig dat dit wat my passie is, ‘n positiewe uitkoms het.”

LINDA
Juf. Linda Peacock (Foto deur me. Sofi Woest)

Die aand was vir haar spesiaal omdat haar seun die prysuitdeling bygewoon het en die groot gebeurtenis met haar kon vier. Me. Smith sê sy gaan net aanhou om te doen waarvan sy hou – skoolgee!

Mnr. Freysen hoop dat die titel ander onderwysers sal motiveer om die akademiese prestasies van leerders te verhoog, en dat hulle daarna sal streef om ook dié prestasie te behaal. “Dit was ‘n groot verrassing en eer”, sê mnr. Freysen, wat al van 2009 af by Helpmekaar vir matrieks Wiskunde gee. Mnr.

Freysen glo dat jy jou eie sukses moet skep, en sê dat hy in die toekoms gaan voortbou op hierdie prestasie.

“Ek het gebewe soos ‘n riet,” was me. Peacock se reaksie toe sy uitvind sy het die toekenning ontvang. Sy skryf haar sukses toe aan harde werk, goeie beplanning en om te fokus op kleiner goedjies in haar werk. Me. Peacock gee al vir sewe jaar Afrikaans vir matrieks by Helpmekaar. Sy raak maklik verveeld en oorweeg dit om na dié mylpaal haar Meestersgraad te doen.

Die nuwe Meester-onnies is dit eens dat díe toekenning as goeie motivering moet dien vir ander onderwysers wat ook die titel wil verwerf.


CAROL

Elaine Erasmus

Die enigste boek wat ‘n boekwurm wíl lees, is een wat ‘n mens moeilik neersit. “The Night Circus” is só ‘n fantasie-verhaal. Die storie speel af in Londen se Victoriaanse tydperk en die plot wentel om ‘n sirkus genaamd “Les Cirque des Rêves,” wat die ‘sirkus van drome’ beteken. Die wonderbaarlike en geheimsinnige sirkus se opvoerings begin eers as die son sak en hou op sodra dit dagbreek is.

Die sirkus is egter net ‘n skans waaragter die ware storielyn seëvierend sy gang gaan. Marco en Celia is twee van die hoofkarakters wat in ‘n geheime magiese kompetisie betrokke is. Die leser word vasgevang in ‘n wêreld met ‘n bloei- ende tuin vol eksotiese plante wat uit ys gemaak is; ‘n doolhof wat uit wolke bestaan; akrobate wat sweef deur die lug sonder ‘n net om hulle te vang; en ‘n towenaar wat ‘n baadjie in ‘n kraai kan verander.

Op die bekende boekresensie-webwerf, Goodreads, is die boek deur meer as 386 000 lesers as ‘n 4/5 ster boek verklaar. Katrina Lumsdun het kommentaar gelewer op die boek: “Die skryfster het dit reggekry om my te be- tower; min skrywers kry dit reg om die boek se atmosfeer konstant te hou.” “The Night Circus” is ‘n boek wat ‘n ieder en elk kan lees en is ook beskikbaar in die skool se Bibliozone.


Stories Neem Jou op ‘n Reis

Danielle Brink

RYNHARD
Rynhard de Bruyn, ons eie Helpie-Hemingway. (Foto deur Le-Lanie Ludick.)

Op 1 Mei 2015 het 25 Helpies aan die jaarlikse “English Olympiad” vir 16- tot 18-jarige sko- liere deelgeneem. “Daar het sowat 8 000 kinders landswyd deelgeneem, selfs ’n paar van Botswana”, vertel Rynhard de Bruyn, ’n graad 11-leerder van Helpmekaar Kollege. Volgens Rynhard was hy baie verras toe hy “per ongeluk” 12de landswyd geëindig het.

Die deelnemers het ter voorbereiding vir die olimpiade ‘n bundel ontvang met kort stories en uittreksels uit stories. Die drie-uur lange toets was in drie afdelings ingedeel: ’n literêre opstel, transaksionele skryfstuk en taal en grammatika.

Die tema van die kompetisie was: “Reve- lations and Transformations.” Dit handel oor die politieke sfeer in Suid-Afrika wat besig is om te verander in terme van ras, geslag, kultuur en die onderdruktes. Rynhard se benadering in sy skryfwerk was “Ons is almal ewe ongelyk.” As beloning vir hierdie prestasie is Rynhard na Grahamstad se kunstefees genooi waar daar ‘n klein, maar aangename seremonie vir hulle gehou is en waar hulle die geleentheid gegun is om na dramaopvoerings te kyk.

Die laaste dag is daar ’n prysuitdeling gehou waartydens die top 50-skoliere van die landswye kompetisie beurse gekry het om vir ’n jaar by Rhodes te gaan studeer. Rynhard is nog nie 100% seker of dít is wat hy wil doen nie, maar sê dat hy wel wyser en ryker geword het uit die ervaring.


Huiswerk, Muiswerk en Hondekos

Lana-mari van Zyl

KLAVIER
Die musiekdepartement spog met ‘n nuwe vleuelklavier. (Foto deur Fotografieklub.)

Huiswerk by Helpmekaar is ‘n alledaagse verskynsel. Tog is dit soms dat huiswerk die één ding is wat elke Helpie tot nuwe vlakke van kreatiwiteit kan dryf soos die breinsappe borrel om verskonings uit te dink.

In meeste gevalle is die eindproduk ou, maar daar is tog ‘n paar huiswerkverskonings wat die skuldiges so stil soos ‘n muis met dié misdaad laat wegkom.

As jy die dag laat is, blameer die on- voltooide huiswerk op die wind wat dit ongeluk- kig weggewaai het, en tyd wat nie wou stilstaan toe jy dit probeer vang het nie. Andersins, volg die raad van ‘n leerling in Mnr Jaco van Dyk se klas: laat die onderwyser jou ‘ouer’ bel om te hoor hoekom jy die werk nie kon doen nie (onthou net terloops om nie jou ouer se nommer te gee nie, maar enige een wat sommer in jou gedagtes opkom – die reaksie aan beide kante van die lyn maak dit moeite werd!).
In juffrou Arina Swanepoel se klas het ‘n kind die oeroue “die hond het my huiswerk geëet” verskoning gebruik. Na ‘n intense kruisverhoor blyk dit toe dat die worsie wérklik die huiswerk as hondekos verorber het! So onthou, as dit dan moet, en die idees is min, forseer die stuk of twee wiskundesomme in “Snuffels” se bek in.


 Top-Presteerders Skop Stof Op

Niki Vermaak

Die Matrieks van 2016 het uitmuntend presteer tydens die 2015 akademiese jaar, en is tydens die akademiese prysuitdeling op Donderdag 28 Januarie, hiervoor vereer.

Die matrieks het met besonderse graad 11-resultate gespog. In die Top 10-ranglys was Garrett Nel die enigste haan onder die henne, terwyl Kirsten Dennis se briljante 100%-gemiddeld vir Wiskunde almal se asems weggeslaan het. Die toppresteer- der, Lara Dennis, het ‘n geniale gemiddeld van 93.4% behaal – beslis ‘n uitstekende prestasie! Die vak waarin leerders van die Top 10-ranglys die beste presteer het, was Wiskunde met ‘n algehele gemiddeld van 94.8%. Kort op Wiskunde se hakke, met ‘n algehele gemiddeld van 91.5%, was Fisiese Wetenskappe.

Vier van die Top 10-leerders het aan die Wiskunde Olimpiade se tweede rondte deel- geneem, twee het die Franse Delf-eksamen geskryf, en Roné Coetzer is as afdelings- wenner gekroon by die Afrikaanse FAK Skole Ekspo. Ané Lindeque het ‘n Graad 6- klavier-eksamen geslaag, terwyl Lara Dennis ‘n silwer toekenning verwerf het in die Engelse Olimpiade.

Dit is duidelik dat ons Matriek-top- presteerders baie talentvolle en veelsydige studente is. Ons Helpies hou styf duimvas vir die jaar wat voorlê.


Deuntjies Verklap Hulle Geheime

Elaine Erasmus

Het jy al gewonder hoekom jou ouers nie van jou Eminem en Van Coke Kartel musiek CD’s hou nie? Buiten die feit dat jou ouers glo beide die kunstenaars baie kras is, is dit ook omdat verskillende musiek genres verskillende uitwerkinge op mense se gevoelens en gedrag het.

Volgens die navorsers by die McGill Universiteit in Quèbec het musiek genres ‘n matige invloed op ‘n persoon se bui en optrede. Enige musiek wat ‘n vinnige tempo en aggressiewe lirieke het, kan woede en geweld uit die beste van ons ontlok.

Pop-musiek, sowel as Rock-musiek kan enige iemand in ‘n energieke en optimistiese wese verander. Alhoewel Mozart en Bob Marley soos dag en nag verskil, het klassieke musiek en

reggae-musiek die vermoë om mense te kalmeer. ‘n Studie gedoen deur Nidhya Logeswaran bewys ook dat daar ‘n band is tussen musiek en visuele stimuli. Met ander woorde, ‘n hartseer liedjie gepaard met ‘n hartseer toneel kan dikwels trane uit die kyker van ‘n lm ontlok.

So wees versigtig na watter musiek jy luister, want dit kan jou optrede opbou of breek.


 

Advertisements