Algemeen in die Nuus

Die Hartjie van Johannesburg: Maboneng

Aleida de Bruyn

maboneng
(Foto’s verskaf deur Aleida de Bruyn)

Wie het nou die see nodig as ons in die mees opwindende stad suid van die ewenaar woon? Ja, trotse inwoners van Jozi, Johannesburg het volgens GQ-tydskrif stof in die oë van Sydney, Buenos Aires, Rio de Janeiro en Kaapstad geskop om díe titel. Op ons geliefde Helpmekaar se agterstoep is een van die hoofredes vir díe toekenning: Maboneng. Maboneng (‘n Sotho woord vir “plek van lig”) is ‘n herlewings- inisiatief van die middestad van Johannesburg.  Op pad daarheen ry ‘n mens deur die tipiese vervalle, vullisbestrooide strate van die eertydse glorieryke besigheidsentrum, net om soos ‘n geskenk wat met baie lae papier toegedraai is, op Maboneng af te kom.  Daar is die mees interessante eet- en koffi eplekke: ‘Cocobel’ (binne-in ‘n ou geparkeerde Chevrolet-lorrie) is ‘n utopia vir enige soettand wat hou van ‘n wafel op ‘n stokkie, plaatkoekies of ‘n spesiale oreo- of Nutella-melkskommel. As jy eers regte kos wil eet, is daar ‘n keuse tussen ‘n hele paar internasionaal-gegeurde eetplekke, soos Grieks by ‘Soul Souvlaki’ of Meksikaans by ‘Mama Mexicana’. Neffens die eetplekke is daar ook ‘The Bioscope’ vir die fl iek-fynproewer. ‘POPArt’ (Popup Theatre) word bedryf uit ‘n winkel in Mainstraat en is ‘n vertoonkas van Suid-Afrikaanse teater, komediante en musiek. En moenie die mark elke Sondag,‘Market on Main,’ vergeet nie. Straatmusikante, nog meer kosstalletjies, klere, bykomstighede en kuns word uitgestal. Die atmosfeer is ongeloofl ik, die stalletjies en ware te koop ‘n absolute fees vir die oog. Die kuns in elke detail by Maboneng in Foxstraat laat ‘n mens se kop behoorlik draai: kleurryke muurskilderye, kunstige eetplekke met Johannesburg se landmerke op kussings, tafels en stoelleunings, beeldhouwerke voor winkels, sy- paadjiekuns. Wat maak Johannesburg dus so spesiaal? Wat maak ons die mees opwindende stad suid van die ewenaar? Sonder twyfel sy kreatiewe mense wat in Maboneng oud weer nuut maak, lelik weer mooi maak, en nuwe potensiaal, gees en lewe kan raaksien in ou vervalle geboue. As Maboneng nog nie op jou emmerlys is nie, sit dit gerus op.


Kommentaar

IN-LAINETydlose Raad vir dié Sonder Tyd

Elaine Erasmus

Ek sien elke dag iemand wat oor ‘n taak stres; ‘n top tien kandidaat wat al drie weke voor die tyd begin leer vir die volgende termyntoets wat geskryf word; onderwysers wat voor hulle witborde rondspring om klaar te kry met die termyn se leerplan en vriendinne wat kla dat hulle álwéér vanaand na ses by die huis sal arriveer. Vergewe my as ek dramaties klink, maar die gemiddelde dag by Helpmekaar is uitdagend. Met vier en ‘n half jare in Helpmekaar kan ek al ‘n paar riglyne aan die jonger Helpies gee, maar eintlik wil ek iets uitlig wat al vir lank nie meer in lyn is nie: die meerderheid Helpies voel dat hulle nie meer tyd het vir hulself nie. Op weeksdae eindig ‘n skooldag vir die meeste eers ná halfvier en dan is dit nog die busrit terug huis toe. Oor naweke vang jy op met die werk wat jy nie deur die week kon doen nie, maak take klaar en dan gaan jy mískíén nog uit saam met jou vriende. Vir enige ouer of onderwyser sal hierdie prioriteite in die regte volgorde wees. Máár, is dit regtig die optimale manier om ‘n goeie welstand te onderhou? Ek probeer nie om julle in lyn te hou nie, inteendeel! Maar neem hierdie goeie raad van ‘n ervare Helpie: maak tyd vir jouself, want jy kort ‘n tydjie om net weer jouself te vind.


Nuwe Graanpryse Eet Jou Snoepie-Toebie

James Clarke

Die El Nino-toestande wat sedert Augustus 2015 aan die kus van Suid-Amerika heers, het een van die land se ergste droogtes ooit tot gevolg. Dit het baie boere gedwing om met die nuwe plantseisoen ‘n kleiner oes te saai, of om glad nie verdere fi nansiële verliese te waag deur glad nie te plant nie.  Die huidige graantekort veroorsaak dat die brood- en ander gewasgebaseerde produkte se pryse toeneem.  Die prys van brood het sedert Januarie met ongeveer 8,9% gestyg – amper R2 per brood – volgens ‘n kontak by een van Albany se bak- kerye.  Helpies word óók deur hierdie verafgeleë weerstoestand beïnvloed omdat die snoepie en die koshuis gebruik maak van gewasgebaseerde produkte. Volgens Tannie Sonje van die snoepie het die broodprysstyging alleen ongeveer R2 400 ekstra vir die skool se kosbegroting veroorsaak, en sodoende het die snoepie se toebroodjieprys gestyg met R3 om hiervoor te kompenseer. Gelukkig word geen verdere prysstygings vir die res van die jaar beplan nie.


KAALKOK Ek word wakker in ‘n donker doolhof. Heeltemal verblind voel ek my pad deur die nagmerrie. Keer op keer stamp ek my toon teen vreemde voorwerpe. Uiteindelik is daar lig aan die einde van die tonnel! Ek het die ligskakelaar gevind. Om in die oggende op te staan is nie ‘n grap nie. Die winter is hier. Geen langbroek of wollerige kouse bied dieselfde hitte as ‘n somer-sonstraal nie. Weg is die soet-sappige waatlemoene, perskes en aarbeie. Dit is ook maar goed dat daar lanklaas beurtkrag was, anders sou ek my huiswerk smiddae en saans in die donker of by kerslig moes doen. Daar is darem ‘n manier om die soetigheid en hitte van somer vas te vang:

‘NUTELLA-WARMSJOKOLADE’

Benodighede:

•4 koppies melk •2 eetlepels Nutella •2 eetlepels Kakao •2 eetlepels suiker Opsionele bestanddele: •malvalekkers •sjokoladeklontjies

METODE: Verhit die melk in ‘n kastrol oor hoë hitte totdat dit kook. Voeg die nutella, kakao en suiker by. Klits die mengsel totdat daar geen klonte is nie. Bedien saam met keuse van ‘opsionele bestanddele.’

Koester die smaak wat jou vir ‘n paar minute sal terugneem na jou herinneringe van somer.


William Nicol Ontrimpel

Susan Steurer

Die suksesvolle voltooiing van die eerste groot koshuis-opknappingsprojek in 65 jaar is met ope arms deur die koshuisbrakke en -personeel verwelkom. Volgens mnr. Chris van Niekerk, koshuisbestuurder, is die nodige fondse vir die opknappingswerk deur ‘n Helpie-ouer en Oud-Helpie beskikbaar gestel. Hy kan nie help om breëbors te spog oor al die verbeteringe wat aangebring is nie. “Al die badkamers is opgeknap en ‘n hittepomp wat vir elke leerder 25 liter warm water in ‘n siklus van sewe ure voorsien, sorg vir genoeg warm water.” Mnr. Cois de Wit, koshuisvader, het groot planne om die eetsaal volgende onder hande te neem. Die idee is om dit indrukwekkend en statig te laat lyk soos die Hogwarts-eetsaal van Harry Potter. “Die storte is beslis die grootste verbetering,” sê Jaco Willemse, hoofseun van die koshuis. “Die nuwe sokker- en snoekertafel dra daartoe by dat die algemene atmosfeer lekkerder is en daar is nou meer maniere om tussen studietye te ontspan.”

KOSHUIS


 

Advertisements