Matriekblad

Vriendskappe vir ‘n Vale

Le-Lanie Ludick

Vriendskappe vir 'n Vale.png

Volgens sielkundiges sal enige vriendskap wat langer as 7 jaar duur, ‘n lewenslange vriendskap word. Hierdie is defi nitief die geval as dit kom by die matriekgroep van 2016 waar vriendskappe al sedert geboorte bestaan.

Die dinamiese duo van Delmas, Amor Hoffman en Carli Uys, se vriendskap is lank voor hulle geboorte reeds gevestig. Hulle ouers se vriendskap is aan hulle oorgedra en sedertdien is hulle onafskeidbaar. Sonder die “sussieskap”, soos Carli dit noem, sou baie van hulle kinderdae-herinneringe vervelig gewees het. Carli en Amor beplan om die tradisie te laat voortbestaan wanneer hulle volgende jaar by dieselfde universiteit gaan studeer.

Iana Strydom en Caleb Barkhuizen het ‘n vriendskap wat al van die ouderdom van 4 jaar bestaan. ‘n Voordeel van hulle vriendskap is dat hulle mekaar se ontwikkeling as mens kon deel, asook mekaar deur goeie en slegte tye kon bystaan.

“Alhoewel daar mense is wat al vir jare lank kennisse is, is dit baie moeilik om die vriendskappe brandend te hou. Gelukkig is dit makliker in Helpmekaar wat soveel geleenthede bied om met mekaar in aanraking te
bly”, is Zaine Probst se siening van ‘n langter- mynvriendskap. Hy is deel van ‘n groot groep vriende wat al van kleuterskool af saam is: Dewald van Lingen, Elke Robberts, Shahn Pretorius, Le-Lanie Ludick en natuurlik, Zaine self. Volgens die groep is dit die samesyn op die Suide-bus wat hulle vriendskapsbande versterk.

Alhoewel langtermynvriendskappe soms kan vervaag, sal daar altyd weer geleenthede wees om dit op te kikker. So was dit die geval met Kiki Wierenga en Kati Beckerling wat al vir 13 jaar vriende is. Kiki was eers in Linden Hoërskool voordat sy in graad 9 na Helpmekaar gekom het – ‘n skuif wat hulle vriendskap weer vuur en vlam laat ophelder het.

Hierdie matriekgroep het nog baie vriendskappe wat saam deur die drif van matriek getrek gaan word. Vriende soos Ettiene van der Merwe en Clive Davis, Lara en Kirsten Dennis en Tyla Fleischer, Stephan Bergh en Dian van Brakel, Koos Fick en Christo du Plessis en nog vele meer.

Hierdie matriekgroep, wie se akademie en sosiale lewens in perfekte balans is, is waarlik geseënd met vriendskappe wat nog vir jare sal voortbestaan.


Hoe Ry Studente Sit-sit-so!

Helena Triegaardt

Universiteit is vir baie Helpies hulle eerste proe aan die bittersoet smaak van die grootmenswêreld. En gepaardgaande met lesings, toetse, koshuisaktiwiteite en self inkopies doen, word menige ook gebombardeer met die immergewilde grootmenswêreld-kopseer: vervoer.

By koshuise en kommunes van universiteite in Suid-Afrika is daar parkeerareas vir studente se motors. Selfs met die optogte wat by verskeie universiteite plaasvind, is hiérdie vervoermiddels steeds veilig, aangesien sekuri- teitswagte niemand op kampus toelaat sonder ‘n studentekaart nie.

Alhoewel die oud-Helpie, Jason van Rooyen, se kar sy hoofvervoermiddel op kampus is, vertel hy ook: “Daar is baie busse wat studente vervoer en ek het al baie mense sien fi etse en rolskaatse gebruik.” Die Universiteit van Potchefstroom se lesinglokale is wyd verspreid en as jy nie kans sien om elke dag sowat 18 km tussen klasse, kos- en blyplek te stap nie, is ‘n fi ets die beste oplossing.

Natuurlik sal dit dan ook voordelig wees vir jou fi ksheid! Met al die vervoermiddele tot studente se beskikking bly hulle voete tóg maar die beste manier om van punt-A tot punt-B te kom. Geen parkering, geen beslommernis, geen probleem.


Nuwe Taalverwikkelinge Noodsaak Belangrike Vrae

*Steekproef gedoen onder 40 Helpmekaar-leerders.

Lara Dennis

SOU JY IN ENGELS OF AFRIKAANS WOU STUDEER?

Nuwe Taalverwikkelinge.png

VOEL JY BENADEEL OMDAT JY IN ENGELS MOET STUDEER?

Nuwe Taalverwikkelinge 2.png


Ekspedisie Matriek

Ervare Onnies Gee Raad

Daniëlle Rossouw

Ons matrieks het 5 jaar terug met ons “journey” van “Mount Helpmekaar” begin, en nou is die bergpiek uiteindelik in sig. Helpie-Flitse het gaan aanklop by ‘n paar matriek-onnies vir wenke oor hoe om daardie vlaggie suksesvol te plant aan die einde van ons matriekjaar.

Juffrou Estie Meyer glo ons moet SLIM te werk gaan: Stel vir jou akademiese doelwitte en werk hard om hulle te behaal. Leer uit vorige ervarings, en kry betyds hulp. Samuel Johnson som dit raak op: “Integrity without knowledge is weak and useless, and knowledge without integrity is dangerous and dreadful.” Maak tyd vir mense wat lief is vir jou.

Mnr. Johan van Wyk glo jy moet ‘n spesifi eke geur kougom kou as jy jou werk hersien, en dan dieselfde geur kougom kou tydens jou eksamensessie. Dit help vir jou geheue.

Juffrou Sofi Woest is van mening dat ons nie “multi-task-ninja’s” is nie. Sit daarom jou foon af as jy huiswerk doen!

Volgens mnr Eugene Marais is matriek-sukses gebaseer op die trappe van vergelyking se vasbytbeginsel: Junie-eksamen se resultate moet goed wees; rekordeksamenpunte nog beter; en teen die tyd wat jy eindeksamen skryf, is jou punte op hulle heel beste.

Juffrou Clare Grové glo aan die toorwoord: vra! Vra onderwysers vir hulp en jou ouers vir raad. Onthou, jou ondersteuningsnetwerk is jou bron van energie. Merke. Gereed. Matriek!


Dra Jóú Persoonlikheid

Inge Rawlins

In Oktober is dit weer die spoggerigste geleent- heid op die Helpie-kalender: die matriekafskeid! Die Helpie-Flitse het by ‘n paar van ons matriekdogters gaan uitvind of hulle van mening is dat die kleur van hulle rokke deur hulle persoonlikheid bepaal is.

Die meisies wat reeds besluit het op pienk rokke was dit almal eens dat hulle sag en vriendelik van geaardheid is. Hierteenoor was ‘n rooi rok die keuse van ‘n maltrap met ‘n speelse persoonlikheid.

Swart was volgens ‘n matriekmeisie die keuse vir haar rok omdat dit ‘n stylvolle kleur is waarin sy op haar beste lyk en voel. ‘n Jong dame met die keuse van ‘n turkoois rok beskou haarself as ‘n natuurmens wat gemaklik in haar lyf is.

Volgens die stylfundi, Hannon Bothma, speel jou persoonlikheid wél ‘n rol in die keuse van die kleur van jou kleredrag, en word dit soos volg uiteengesit: Blou verteenwoordig wysheid, vertroue en lojaliteit. Mense wat van rooi hou se persoonlikhede is gewoonlik passie- en liefdevol. Groen simboliseer mense wat van die natuur hou en ‘n rustige persoonlikheid het.

Swart is die toonbeeld van styl en mag, alhoe- wel dit niks van jou persoonlikheid verklap nie.

Helpie-prinsesse, dis júlle aand, so maak seker jy dra ‘n rok wat nie nét die koppe sal laat draai nie, maar ook jou persoonlikheid sal vasvang in ons Helpie-geskiedenis van prag en praal.


Vakansie Vat Vlam!

Thalita Burger

Matrieks 2016, wat is die ding waarna ons die meeste uitsien díe jaar? Matriekvakansie na- tuurlik! Na ‘n stresvolle jaar van omtrent net eksamens moet ons tog beloon word met ‘n goeie ruskans voor ons die ‘grootmenswêreld’ betree.

Maar wat kan jy doen as Plett nie een van die keuses vir ‘n matriekvakansie is nie? As ‘n alternatief kan ‘n heerlike bootreis na die Portugese eilande vanaf die 5de tot die 9de Desember oorweeg word. Die beste nuus is dat  hierdie bootreis slegs bedoel is vir skoolverlatende matrieks, wat natuurlik geen ouertoesig beteken!

Of, as jy een van diegene is wat nie goed oor die weg kom met seegolwe nie, maar nog steeds van die natuur hou, kan jy as vrywilliger werk by die Lion & Rhino Park of enige ander diere- rehabilitasie-sentrum. Vir die meer avontuurlustige matriek is daar ook die moontlikheid om onvergeetlike herinneringe saam met jou beste vriende te skep op ‘n ‘roadtrip’ deur Suid-Afrika (of selfs Afrika!).

As jou passie branderplankry is, is ‘n ontdekkingstog na die beste branderryplekke ‘n móét. Mozambiek se Mozamboogy is alles wat ‘n ware branderplankry-entoesias en duikfanatikus begeer: duik¸ groot golwe, gesellige kuierplekke op die strand en sommer net ‘n groot vakansiefees. As jy egter meer ‘n familiepersoon is, is dit dalk ‘n goeie idee om jou laaste skoolvakansie saam met jou geliefdes te spandeer. Wat ookal jou vakansieplanne is, maak net seker dit sal ‘n vakansie wees wat jy nooit sal vergeet nie.

VAKANSIE.png


 

Advertisements