Onnies & Hul Dinge

“Wees Gegroet, Graadvoogde van ons Verwarde Welpies”

Liezl Venter

Graadvoogde.png

Hierdie jaar het Helpmekaar weereens ‘n groot groep graad 8’s – ‘n allemintige 220 verwarde Welpies – ontvang. Dié jaar se Welpie-graadvoogde is juffrou Cindy Marais en meneer Nico van Rooyen wat hierdie graad van struikelblok tot sukses deur hulle “Helpie-journey” sal lei.

Juffrou Cindy is ‘n ervare graadvoog wat al ‘n graadgroep (matrieks van 2014) deur die hele vyf jaar van hulle hoërskoolloopbaan begelei en bygestaan het. En alhoewel mnr. Nico nog ‘n ‘groentjie-graadvoog’ is, is hulle ‘n gedugte span wat reeds soos ‘n ma en pa vir die graad 8’s is.

Juffrou Cindy is tans tuis op kraamverlof, maar was gelukkig nog tydens die grootste gedeelte van die eerste termyn beskikbaar om die graad 8’s te help tydens hulle ontgroening. Tot tyd en wyl Juffrou Cindy terugkom, hou Mnr. Nico die fort bygestaan deur juffrou Clare Grové.

Een van die graad 8’s, Jana Mackridge, sê: “Mnr. Nico en Juf. Cindy is baie liefdevol en oulik, maar hulle weet ook defi nitief hoe om ons te dissiplineer.” Sy sê ook dat dit voel asof die graadgroep reeds ‘n sterk band met dié oulike graadvoogde begin vorm.

Nog ‘n graad 8-leerder, Kirsten Dunn, bestempel die graadvoogde as “baie vriendelike mense, maar tog streng.” Hierdie twee oulike onderwysers is besig om diep in die Welpies se harte in te kruip. Saam sal hierdie groep met hulle graadvoogde die lang pad na volwaardige Helpie-wees suksesvol kan aflê.


Onnies uit die Boonste Rakke

Lana-mari van Zyl

Helpmekaar Kollege is bekend vir sy puik onderrig en onderwysers. Om groot hoogtes te kan bereik het ‘n mens ‘n stewige aanloop nodig. Die pad wat ons leerkragte gevolg het onderweg na hul loopbaan by Helpmekaar is ‘n goeie aanwyser van hoe hoog hierdie rakke werklik is.

Neem juffrou Estie Meyer as ‘n voorbeeld: sy het in haar vorige lewe in die ou Volkskas Bank gewerk – heeltemal gepas vir ‘n Rekeningkunde- onderwyseres – maar tog het haar liefde vir Pacioli, ook bekend as die Vader van Rekeningkunde, die stryd na onderwys gewen.

Met ‘n soortgelyke passie vir baanbrekers het juffrou Lida Smith haar dae spandeer deur Oom Sakkie, of te wel Isaac Newton, se wette te leer. Juffrou Smith spog met ‘n honneursgraad in Teoretiese Fisika, asook ‘n Nagraadse Diploma in Onderwys.

Nog ‘n onderwyser wat ‘n indrukwekkende lys kwalifi kasies agter haar naam kan skryf, is juffrou Gizelle van der Westhuizen. Met ‘n honneursgraad in Mediese Wetenskappe, en ‘n meestersgraad in Anatomie, is dit geen wonder dat Suzie-die-Geraamte haarself in Juffrou Gizelle se klas tuismaak nie. Wie sou kon raai dat mnr. JP van der Merwe nie net gewone diensplig voltooi het nie, maar ook vir sewe jaar gedien het as beroepsoldaat van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW). Soos hulle sê: “Jy kan die man uit die weermag haal, maar nie die weermag uit die man nie.”

Juffrou Rika la Grange, met ‘n graad in Visuele Kuns, het haar pad na die onderwys gevind nadat sy as ‘n au pair besef het dat sy haar kennis van kuns met kinders wou deel. Dit kom voor asof hierdie Helpmekaar-onnies werklik van die hoogste gehalte – en boonste rakke – is, met vele meer onderwysers wat hulself werkdadig as kundiges in hul vakgebiede bewys.


Die JA woord.png

Susan Steurer

Twee van ons geliefde Helpmekaar-onnies, mnr. Tommy Hayes en juf. Jaunie Marais, het op Maandag 2 Mei in die Pilanesberg-Natuur-reservaat verloof geraak.

Volgens Mnr. Tommy het hy haar na die hoogste piek in die reservaat geneem waar hy ewe galant op sy knieë neergesak het. Juf. Jaunie sê: “Ek het vir drie dae aanmekaar gehuil. Ek is so bly.”

Ons beste wense vergesel die paartjie.


Ontmoet Jou Nuwe Onnies

Michelle Pretorius

Ontmoet jou nuwe onnies.png

Vanjaar is daar nege nuwe onderwysers wat by die Helpie-familie aangesluit het. Juffrou Chantell Breytenbach het ‘n onderwyseres geword om haar passie en liefde vir jong mense en kinders elke dag uit te leef. Juffrou Maricien Maritz bieg weer dat sy nie oorspronklik ‘n onderwyseres wou word nie.

Albei die onnies verkies honde bo katte, maar juffrou Maricien verkies die bosveld, waar juffrou Chantell glo die see is in haar bloed. Meneer Eghard Basson verkies ‘n tydskrif bo ‘n boek of koerant omdat dit meer hanteerbaar is en meer skinderstories bevat. Juffrou Liezel Notley verskil van hom deur ‘n goeie boek te verkies: “Tydskrifte is net lekker vir blokkiesraaisels,” sê sy. Meneer Eghard se gunsteling leier ter wêreld is Helen Zille en alhoewel juffrou Liezel nie ‘n gunsteling het nie, inspireer mense soos Cheryl Strayed en Elizabeth Gilbert haar.

Meneer Phillip Kemp sou graag ‘n professionele krieketspeler wou word indien hy nie ‘n onderwyser geword het nie en meneer Dietlov Coetzee deel die droom van ‘n beroep wat met sport te make het. Beide menere hou meer van honde as katte, maar Juffrou Tania O’Brien verkies katte. Meneer Phillip is gek oor enige seekos-restaurant langs die see, maar hier in die stad gaan hy graag ‘Ocean Basket’ toe. Juffrou Tania se gunsteling restaurant is Tasha’s in Melrose Arch. Waar juffrou Tania in enige fl iek saam met Johnny Depp wil speel, wil Juffrou Carien Wessels die verhoog met Hugh Jackman deel.

Juffrou Natalie Janse van Rensburg sal ‘Iron Man’ na ‘Iron Lady’ verander omdat sy graag in die gewapende pak wil rondvlieg. Indien hulle ‘n vakansiedag kon instel, sou juffrou Natalie hare ‘Optimale-tydbestuur-dag” genoem het, terwyl juffrou Carien ‘n ontspannende dag in die natuur ‘Ontspan-en gesondheid-dag’ sou noem.

Die Helpie-familie is dankbaar vir die nege nuwe, sterk skakels.


Die harte klop warm

Niki Vermaak

Die Meeste Helpies se tyd op die Bruin Bult is ‘n warrelwind van vyf jaar gevul met ontelbare ervaringe en belewenisse. Maar watter herinneringe het die Helpie-onnies wat spog met die mees langdurige diens by die Bruin Reus op die Bult?

Tannie Sonje Smit, juffrou Jaunie Marais, en menere Willie van den Berg, Stoffel Coetzee en Eugene Marais gesels opgewonde oor hulle tyd by Helpmekaar. Die snoepie se geliefde Tannie Sonje is al die langste by Helpmekaar en spog met 23 jaar diens.  Juffrou Juanie is van die jaar 2000 by die skool en het vrou-alleen ‘n graad 7-klas met 12 leerlinge beman waar sy al die vakke behalwe Engels en Kuns aangebied het.

 Mnr. Stoffel en mnr. Willie het kort daarna in Januarie 2001 begin. Saam vertel die Klop warmtweemanskap van stoepspoke, ‘n graad 8-klas met 38 leerders, ‘n terrein wat nie omhein was nie en die koshuis wat nie eens slotte op die deure gehad het nie. Mnr Willie het ook die Suide-bus (kombi) bestuur!

Mnr. Eugene is al 14 jaar in diens van Helpmekaar Kollege en sy grootste waardering vir Helpmekaar is dat ons van ’n klein onbekende skool na ‘n triomferende prestasiegedrewe skool ontwikkel het.

Hy deel graag sy gunsteling herinnering van vroeër jare: hoe die hele skool op die sementblad voor Juffrou Cindy se klas aangetree het en gemaklik daar kon inpas.

Met onnies van formaat wat al so lank by die skool is wil ons as Helpies self nie eens afskeid neem nie. Hul liefde en toewyding deur die jare dra by tot die Helpieketting wat nooit sal breek.