Oor die Flitse

 

mashoof-nuut

Die eerste uitgawe van Helpmekaar se skoolkoerant, die Helpie-flitse het reeds in 1946 verskyn. Daar was oor die jare tye van groot bedrywigheid en baie woorde, maar ook tye van stilte. In 2008-2009 het die Flitse, danksy Lizet Korb, tot herlewing gekom en sedertdien is die koerantredaksie weer vuur en vlam en aan die gang.

Daar verskyn twee uitgawes per jaar, elk bestaande uit 16 volkleur bladsye in poniekoerant-formaat. Die Flitse is ‘n vorm van rekordhouding van aktiwiteite, gebeure, prestasies, mense … sommer die hele atmosfeer by die skool in elke termyn.

Die redaksie bestaan uit joernaliste van graad 8 tot graad 12, waaruit ‘n kernredaksie verkies word wat die beplanning, organisasie en uitleg onder leiding van ‘n redakteur behartig. Vaardighede wat beoefen word, is mensvaardighede soos interaksie tydens onderhoude en met bestuur; skryfvaardighede soos formuleer, struktureer, redigeer, afrond, proeflees; asook kreatiwiteit in fotografie, kommentaar en uitleg. Ad.

kernredaksie-2016-17

Johannesburg – helpieflitse@gmail.com

REDAKTEUR: Jacques Peacock

ADJUNKREDAKTEUR: Rynhard de Bruyn

FOTO-KOÖRDINEERDER: Melissa Fourie

KERNREDAKTEURS:  Caitlin Barkhuizen, Kirsten Phillips, Melissa Fourie, Jana Basson, Heike Edeling, Nina Mostert, Carmine van der Westhuizen.

DIGITALE-KOÖRDINEERDER: Juan van Staden

e-FLITSE: Heike Edeling, Caitlin Barkhuizen, Hanli Coetzee

JOERNALISTE: Aleida de Bruyn, Yvette van Heerden, Danielle Brink, Mia Louw, Karla Jonker, Mieke Gouws, Chanté Bredenkamp, James Clarke, Inge Rawlins, Liezl Venter, Mignon Drotschie.

VOLTYDSE FOTOGRAWE: Heike Edeling, Pieter Hougaard

KOERANTKOÖRDINEERDERS: Susan Steurer, Annemarie Venter, Eghard Basson

ONTWERP: NVN Design

DRUKKERS: Unitone Printers


 

Advertisements