Op Reis

Die Journey Trap Diep Spore

Ané Lindeque

JOURNEY
Die Helpie-ketting sigbaar in die landskap op die Journey. (Foto deur Thalita Burger.)

Vanaf 28 November tot 2 Desember 2015 het 162 graad 11-leerders die nale Helpie-graad-toer, oftewel die Journey, aangepak te Kosibaai, Kwazulu-Natal. Na vier dae van stap en stap en meer stap het hierdie graadgroep uitein- delik teruggekeer as volwaardige matrieks wat gereed is om die pas aan te gee in 2016. Die 2016-matrieks het in die voetspore gevolg van vyf vorige jaargroepe wat sedert 2011 die Jour- ney aandurf onder die bekwame leiding van Kosi Bay Lodge se eienaars en Oud-Helpie ouers Karin en Neels Joubert.

JOURNEY2
Die 2015 Graad 11’s stap in gelid op die Journey. (Foto deur Thalita Burger.)

Dié graadgroep het egter ‘n unieke paadjie gestap en het Journey-geskiedenis gemaak deur nie die grens na Mosambiek oor te steek nie. Die besluit is toegeskryf aan die regulasies wat vereis dat Suid-Afrikaanse min- derjariges in besit van ‘n onverkorte geboortesertifkaat (wat tydsaam is om te bekom) moet wees indien hulle na die buiteland wil reis.

Alhoewel die staptog oor die grens vry- gespring is, is daar addisionele roetes bygevoeg rondom die mere in die omgewing, asook strandlangs, om te verseker dat dié Helpies die volle onmoontlik-vêr-stap ervaring beleef. Die

stappie het ook vroeër begin as wat dié amper-matrieks verwag het toe hulle summier van die bus af met bagasie (ja, tente, kussings en oorlaaide tasse!) en al in die water moes spartel na ‘n boot wat hulle na die kampterrein vervoer het. Tussen die staproetes deur het die Helpies in spanverband meegeding in verskeie kompetisies onder andere algemene kennis, wiskunde- vasvra, teiken-gooi, strand-hardloop, vuurmaak, konsert, modeparade, gesigverf, ken-jou-span, ensovoorts. Elke leerder kon met hierdie aktiwiteite vir sy span punte verwerf het terwyl mnr. König noukeurig boek van elke item gehou het.

JOURNEY3
Carli, Amor en Elana in afwagting. (Foto deur Le-Lanie Ludick.)

Die Journey word dikwels as “radikaal anders” in vergelyking met jonger grade se toere beskryf. Danielle Rossouw, ‘n 2016-matriek, som die hoofverskille in 5 woorde op: “Meneer König, stap, ongemaklik slaap”.Hierdie vol program was nie vir die swakkes van gees nie.

 

JOURNEY4
Vriende kuier saam op die Journey. (Foto deur Le-Lanie Ludick.)

Kwale, soos skelrooi-gebrande, opgeswelde voete, het ‘n hele paar leerders se spoed gebreek, maar hulle was in die veilige hande van ‘n paramedikus wat die toergroep ten alle tye vergesel het. Su-mari Rabie, ‘n 2016-matriek, beskryf haar gunsteling oomblikke van die Journey soos volg: “Die Journey het ons graadgroep nog nader aan mekaar gebring. Dit was die lekkerste toe ons na 30 km se stap tyd saam met ons vriende op die strand kon spandeer… Net om vir ‘n paar minute van ons seer voete te vergeet. Ek sal altyd die Journey na aan my hart hou.”

Één ding is vir seker: Helpies los voetspore ongeag die terrein wat hulle betree.


Klipkraal se Baas!

Danielle Rossouw

FIETS
Cara Gouws werk aan haar fietsrytegnieke. (Foto deur Christo Horn.)

Die junior Avontuursportkamp is gedurende die Aprilvakansie op die plaas Klipkraal naby Heidelberg gehou. 32 voornemende avon- turiers het vanaf die 18de tot die 20ste April onder die valkoë van juffrou Susan Steurer die kamp bygewoon. Meneer Christo Horn, ‘n bekende in avontuurkringe, het meeste van die aktiwiteite op die kamp aangebied. Hy is bygestaan deur ses staatmaker matrieks wat hulle kennis en ervaringe met die beginners gedeel het.

Die leerders het geleentheid gekry om hulle etsrytegnieke op te skerp, asook om die fynere kunsies van hoe om ‘n ets te on- derhou en reg te maak, aan te leer. Verder is hulle ook touwys gemaak oor hoe om koördi- nate op ‘n kaart te lees en hoe om windrigtings met behulp van die sterre te bepaal. “Ek het baie van die verblyf en kos gehou, die kamp-terrein het ‘n kalmte oor ‘n mens gebring, en ek het geleer om my ets en myself beter te verstaan en te vertrou,” is Cilliers Durand, ‘n graad 9-leerder se ervaring van die kamp. “Ek weet dat as ek nou hard werk en alles gebruik wat ek op die kamp geleer het, ek my volle potensiaal in die sport kan bereik.”

Die kamp is afgesluit met ‘n mini-kompetisie waaraan die leerders in spanverband moes deelneem. Die leerders moes ondermeer roei, deur (vuil!) damwater swem, kilometers etsry en hulle beste navigasie-vaardighede gebruik om voor die afsnytyd al die instruk- sies te voltooi.

Hans Marx, wie se matriekportefeulje Avontuursport is, is van mening dat die juniors baie van die nuwe vaardighede wel baasgeraak het, en dat die kamp ‘n goeie fondament gelê het vir die res van die jaar. “Met die hulp van Oom Christo is die leerders blootgestel aan al die aspekte van etsry. Hulle is beslis nou deeglik voorbereid en ten volle gereed vir die jaar se kompetisies wat voorlê.”


Oranjerivier Stel Weereens nie Teleur

Jana Basson

GROENKLUB
Christiaan van den Heever en Jaco Willemse hang rond tydens die roei-toer. (Foto deur Christiaan van den Heever.)

Agt-en-twintig Helpies het op 7 April (4:30 in die oggend!) hulle twee dae lange reis na Namibië aangepak waar hulle vir vier dae op die bekoorlike waters van die Oranjerivier geroei het.

Die opgewondenheid en nuuskierigheid het almal – van die vyf graad 9’s tot die twee-en-dertig matrieks – se harte soos een laat klop oor die vooruitsig om vir vyf nagte tuis te gaan op die magtige Oranjerivier se oewers. Mnr Rudi van Rooyen, gewese Helpie-onnie en die mees ervare “groenklubber”, glo dit is díe toer waar jy besef dat televisie en selfone oorskat word, so ook toilette!

‘n Tipiese dag op die rivier het gewissel tussen sorgelose roei deur die natuurskoon met tameletjies om aan te knibbel en oomblikke wanneer “life jackets” geskreeu word en jy jouself moet voorberei vir die rowwe waters wat voorlê. Die rivier het gedien as almal se swembad én bad (maak seker dat jy altyd stroom op van die ander swem, net vir ingeval…) en die water is ook in sommiges se tee gebruik.

Die grootste les wat die groenklub vir Derrick Lategan (graad 12) geleer het, is dat privaatheid ’n voorreg is en dat meisies en babers nie graag tente deel nie. Die dapper dames op die toer was juffrou Jana Botha, Richelle van Zyl, Marietha van den Berg en Annemarie Venter, terwyl mnr. Rudi van Rooyen en Éghard Basson die manlike geslag verteenwoordig het.

Die onderwysers het kans gesien vir min slaap en Jack Parow-buspartytjies, en is almal dit eens dat hulle deel was van ’n onvergeetlike ervaring. Aan die einde van die toer was almal se voete vuil en hare deurmekaar, maar almal het gespog met ’n nuwe sprankel in hul oë.


Helpies Vlieg Noord

Roné Coetzer

ISTANBUL
Istanbul in al sy glorie. (Foto deur http://www.goholidayturkey.com )

Op 4 Augustus vandeesjaar vertrek 74 Helpmekaar leerders en vyf personeellede (juffrou Jana Botha; juffrou Trudy Vermeulen, meneer Nico van Rooyen en tannie Christa Viljoen), insluitend die hoof, Mnr. König, op ‘n drie weke toer deur Europa. Die toer gaan die Helpies meevoer na Portugal, Italië en Turkye. Die leerders gaan ‘n totaal van sewe stede in die onderskeie lande besoek.

GONDOLA
Een van die vele vooruitsigte van die toer: Venisië! (Foto deur http://www.hilton.it)

Die toer, wat hoofsaaklik vir graad 11-leerders is, is ‘n jaarlikse hoogtepunt vir beide die graad 11’s op die toer sowel as die leerders wat tuis in spanning op foto’s en verhale wag. Die graad 11’s is opgewonde sowel as skepties oor die berugte stap-afstande waarvoor die Augustus-toer bekend is.

Juf. Jana Botha sien die meeste uit na die besoek aan Istanbul. Sy vertel: “Ek was nog nooit in my lewe in Istanbul nie en sien baie uit daarna om op die Swart See te vaar en om die bekende groot markte te beleef.” Die Augustustoer bied die geleentheid aan die Helpies om dele van die wêreld te besoek en om hul gevolglik ook meer berese wêreldburgers te maak.


Helpies Help Uit

Carmine van der Westhuizen

GRAAD9
Die Graad 9’s 2015 helder die gemeenskap op. (Foto deur me. Sofi Woest)

Die gesegde “vele hande maak ligte werk” is uitgeleef deur die graad 9’s van 2015 wat hulle harte oopgemaak het vir minderbevoorregtes op die jaarlikse graadtoer.

MEISIES
Die Graad 9’s 2015 het geweer om met vrymoedigheid opmekaar te leun. (Foto deur me. Sofi Woest.)

Volgens Juffrou Sofi , die huidige graadvoog van hierdie groep, is die doel van die graad 9-toer om Helpies die geleentheid te gee om deur gemeenskapsdiens iets aan die wêreld terug te gee.

Die graad 9’s het tussen 28 November en 2 Desember 2015 ‘n minderbevoorregte skool naby Cullinan ‘n nuwe gesig gegee deur pawiljoene te verf, klaskamers op te kikker en liefde uit te deel.

Volgens Marco van Staden het hy sélf meer ontvang as wat hy vir hierdie kinders gegee het. Hy vertel: “Die hoogtepunt vir my was om te sien hoe opgewonde die kinders was om op ‘n swaai te swaai wat werk.”

Hierdie tipe onvergeetlike ervarings gee jou ‘n dankbare hart. Juffrou Sofi getuig dat sy kon sien dat baie van die graad 9’s besef het dat die lewe breekbaar en kosbaar is. Die Helpies het gegaan, gegee en teruggekom met veel meer.


Eerstespan Verf Oudtshoorn Bruin

Danielle Rossouw

RUGBY
Keegan Haman la’t wiel teen Brandwag, Uitenhage. (Foto verskaf deur me. Chrisna Bock)

Tyd sal leer of die wye draai wat ons eerste-rugbyspan in Oudtshoorn van die 28ste April tot 2de Mei gaan vlieg het, hulle die vlerke gaan gee om hulle teenstanders hierdie seisoen uit te oorlê.

Hulle wen triomfantlik teenoor Hoërskool Brandwag(36 – 6), maar verloor naelskraap teen Drostdy (26 – 24). Met harte vol herinneringe en ‘n nuutgevonde “magic” is hierdie ‘n rugbyspan om dop te hou.


Graad 10’s op Tuimeltruin

Chanté Bredenkamp

GRAAD10s
Graad 10’s 2015 doen hulle ding! (Foto deur me. Jana Botha)

Die graad 10’s het 2015 afgesluit met ‘n toer wat vanaf 28 November tot 1 Desember 2015 by die Kwalata-kampterrein plaasgevind het. Die toerprogram het gefokus op selfontwikkeling en vir baie was dit ‘n emosionele tuimeltrein wat die een oomblik gevul was met trane en die volgende oomblik uitbun- dige pret.

Juffrou Jana Botha, huidige graadvoorg, vertel dat dit ‘n spesiale ervaring was om ‘girls-time’ onder die sterre te deel. Lejani Labuschagne, ‘n 2015 graad 10-leerder, sê dat die graad 10’s aanvanklik gevrees het dat hulle verwerp sou word deur medeleerlinge, “maar uiteindelik geleer het om mekaar te aanvaar.” Sy vertel ook dat die snoepie baie kinders van hongersnood gered het.

GRAAD10d
Die gras lyk altyd groener aan die ander kant van die December-vakansie. (Foto deur me. Jana Botha)

Die toer is afgesluit met ‘n potjiekoskompetisie en ‘n onvergeetlike sokkie op die laaste aand. Die graad 10’s van 2015 sal hierdie tydjie voor die Desember-vakansie vir ‘n lang tyd in hul harte koester. Soos iemand terloops opgemerk het: “Ons het teruggekom as ‘n familie, nie net ‘n graad nie.”


Netbaldogters aan die Aanval

Danielle Rossouw

NETBAL
Ons netbaldogters tydens die April netbalkliniek. (Foto verskaf deur Gabbi Knipe)

Juf. Linda Peacock laat nie ‘n geleentheid verbygaan om ‘n besonderse haas uit ‘n hoed te trek nie.

Onder die bekwame raakvathande van Dr. Elsje Jordaan (Netbalkaptein Proteas 2010) het al die A-span netbaldogters die geleentheid gekry om op 4 en 5 April op eie turf hulle vere behoorlik reg te skud deur die aanleer van verskeie nuwe aanvals- en verdedigingstegnieke en spelpatrone.

Gabbi Knipe vat dit raak: “Ons netbaldogters gaan ons ware kleure op die telbord wys hierdie seisoen.”


 Hokkie-Helpies Teiken Kearsney

Danielle Rossouw

DAWID
Dawid Snyders bult sy spiere op die hokkieveld. (Foto deur Heike Edeling.)

Mnr. Hennes se 1ste span hokkie-bokkies en oom Steve de Kock se hokkie-seuns het gewys dat om ‘n vinnige draai by Kearsney College in Durban te maak tussen 17 – 21 Maart net die regte medisyne is vir eksamen- stres.

Ons Hokkie-Helpies was bevoorreg om spesialis-afrigting te ontvang op die gebied van spoedbehendigheid en ratsheid.

Ons hokkie-bokkies wen sewe van hulle nege wedstryde, speel een gelykop, en ver- loor slegs een wedstryd. Ons hokkie-seuns wen drie van hulle ses wedstryde.


Advertisements