Supersport

Helpie-swemspanne strom voort.png

Yvette van Heerden

Helpie-swemspanne Foto's.pngHelpie-swemmers het hulself hierdie jaar baie goed van hul taak gekwyt en hulle posisie op die liga-rangleer behou. “Die Helpie-swemmers is baie pligsgetrou en ons is bekend onder die ander skole as die skool met die beste gees,” spog Juf. Angelika, afrigter en organiseerder van Helpie-swem. Sy verduidelik dat alhoewel swem ‘n individuele sport is, die Helpies mekaar altyd ondersteun en aanmoedig vanaf die pawiljoen.

Die Goue Liga-swemgala het op 9 Februarie by Helpmekaar Kollege plaasgevind waar die topswemskole in Johannesburg deelgeneem het. Die mededingende skole was Helpmekaar, St. Peters, Fourways, Trinity, Aurora, Dainfern, Deutsche Schule en Hyde Park. Hoewel St. Peters die dag as die nommer een skool afgesluit het en Helpmekaar vierde geëindig het, kon die Helpie-swemmers met drie 1ste-plekke spog teenoor net een 1ste-plek van St. Peters. Die program is deur reën ontwrig en slegs 50 van die 54 items kon plaasvind. Gelukkig reën Helpies mos nie nat nie en het die reën geen indruk gemaak op die ondersteuners se geesdrif en entoesiasme nie.

Die Swem Interhoër het plaasgevind op Dinsdag 1 Maart by Ellispark Swembad. Helpmekaar het puik presteer en twaalf van ons swemmers het deurgedring na die prestige kampioenskappe omdat hulle ‘n eerste of ‘n tweede plek in hulle item behaal het.

Volgens Juf. Angelika het die swemmers haar stoutste verwagtinge oortref. “Helpmekaar het 3de geëindig, net 5 punte agter die skool wat 2de geëindig het. Ek is regtig trots op hulle.”


Kommentaar

STRAFSKOP ICON

Jakkals

Goeiemôre optimiste, vriendelike ekstremiste. Dit is tyd om te praat by die Skolesportraad! Hierdie boodskap is álles behalwe optimisties. Ja, kyk, ons praat hier van bultende sake, met groot nagevolge en ‘n sterk invloed. Ek praat van steroïede.

Hierdie onderwerp is kontroversieel, maar wat sê die feite? Die oorspronklike doel van steroïede was om die liggame van mense wat ondergewig en verswak is, op te bou. Dit word nog steeds daarvoor gebruik, maar word ook nou wêreldwyd onwettig deur sportlui misbruik. Ek stap daagliks verby spesies van die manlike geslag wat oornag in wonderspesies ontaard het.

Sy hande is potblou van al die gim en ook dalk omdat sy stywe hempsmou die bloedtoe- voer na die res van sy arm afsny…

Sy broek is eienaardig kort, sodat hy die bobene kan afwys, en op die ou einde van die dag lyk hy soos ‘n aarbei. Hierdie spesie is gewoonlik so aggressief soos ‘n boer op die snelweg en dit alles omdat die “Dianabol-101” stewig deur sy are bruis.

Ja, manne, ander mense weet ook van hier- die goed, al dink julle nie so nie. Ons weet ook dat hierdie “hulpmiddels” tot hoë bloeddruk, lewerskade, onvrugbaarheid en bloedklonte ly. So dink maar mooi, jou enorme bisep gaan nie ‘n bloedklont op ‘n ongewensde plek kan weg- stoei nie.


Die Pols van Adrenalien in jou Are

Liezl Venter

Die pols

Helpmekaar bied vir elke individu sy eie plekkie in die son, selfs vir die adrenalien-verslaafdes. Tussen die adrenalien van agterdie-boeke-sit is daar ook avontuursport, oriëntering en bergfi etsry.

Party mense is op hul gelukkigste as hulle adrenalien deur hulle are kan voel pomp. So ‘n persoon is Jacques Le Roux, ‘n graad 9-leerder wat deel is van ‘n avontuursportspan wat verlede jaar ‘n derde plek verower het by die SA-kampioenskappe. Hy sê: “Dit is net jy en jou span in die middel van nêrens, besig om te navigeer. Dít laat defi nitief die adrenalien vloei.”

Die avontuursport-aktiwiteite vir die jaar het afgeskop met ‘n mini-kompetisie vir beginners wat gehou is op Sondag 13 Maart. Die skoolterrein is met behulp van mnr. Christo Horn, bekende avontuurgeesdriftige, in ‘n reuse avontuurbaan omskep. Tien spanne het deelgeneem aan aktiwiteite soos muurklim, fi etsry, leerbou, oriëntering en watersport. Volgens Juffrou Susan Steurer, organiseerder van die sport, was dit ‘n reuse sukses ten spyte daarvan dat baie deelnemers aan die einde van die dag met skrape en blase gespog het. “Daar is niks lekkerder as om aan die einde van so ‘n moordende kompetisie die vreugde, trots en kameraderie onder die kinders te sien nie.”

Die volgende sport op die lys, oriëntering, is defi nitief nie vir die onfi kses nie. Juf. Richelle van Zyl sê: “Jy het al jou adrenalien en energie nodig om dié vinnige sport te bemeester. Jy moet jou navigasietegnieke agtermekaar hê en gereed wees om ‘n hele entjie se draf in te kry.” Helpmekaar se oriënteringspan het hier- die seisoen baie goed gevaar en tweede in die skole-liga geëindig.

Helpmekaar se bergfietsryers neem deel aan die jaarlikse Spur MTB-liga. Die kompetisie- reeks het Saterdag, 21 Mei, by Phoenix High School in Vereeniging afgeskop en sluit af met die nasionale kompetisie wat jaarliks in Oktobermaand by Hoërskool Bekker in Magaliesburg gehou word. Nico Marais, wat verlede jaar die o.16 afdeling van die kompetisie gewen het, sê: “Fietsry toets jou besluitnemingsvaardighede en fi ksheid tot op die uiterste. Dit dwing jou om gedissiplineerd te wees en jouself beter te leer ken.”

As jy ‘n adrenalienverslaafde is, is híerdie net die sporte vir jou. Gryp jou hardloopskoene, kry jou fiets en kompas gereed en kom neem gerus deel aan die adrenaliensporte.

Die pols van adrenalien.png


Andries weet van rigting!

Mignon Drotschie

Andries weet van Rigting

Andries Swart (graad 11) gaan in Julie vanjaar aan die Junior Wêreldkampioenskappe vir oriëntering in Switserland deelneem.

Andries het in graad 9 met oriëntering begin nadat mnr. Korb hom aangemoedig het om aan die sport deel te neem. Hy het in 2015 goue medaljes gewen in al drie die afdelings by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir seuns o.16. In 2016 behaal hy ’n eerste plek in die skole-liga, en tydens sy eerste internasionale kompetisie kom hy tweede in die Junior afdeling. Hiermee behaal hy dan ook ’n plek in die Suid-Afrikaanse Junior Oriënteringspan wat vanjaar aan die Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.

Oriëntering het drie afdelings: die eerste afdeling het korter afstande waaraan skole deelneem. Die ander twee afdelings is middelafstande (± 4 km) en langafstande (± 10 km) wat in woude en plantasies gehou word.

Andries verkies die laaste twee afdelings wat hy as volg beskryf: “Dit is ’n rustige gevoel: net jy, jou kompas, die kaart en die woud. Jy moet op jou instinkte en sekere tegnieke staatmaak om die kontroles te kry in hierdie ongerepte woude en plantasies.” Ons hou duimvas vir Andries met die Wêreldkampioenskappe!


‘n Dekade Propvol Doele

Heike Edeling

'n Dekade propvol doele.png

Die Helpie-dogters het nog nooit vir kompetisie geskrik nie, want ‘n Helpie is mos nie bang nie… veral as dit by netbal kom! Die afgelope dekade was verseker ‘n progressiewe 10 jaar vir Helpmekaar se netbal.

Sedert 2009 is veral die eerstespan se wedstryddrag ontwikkel totdat dit kon kersvashou by die moderne sportdrag van vandag. Ten spyte van díe ontwikkeling, lê Helpmekaar se etos steeds in die tradisionele wit en bruin drag waarin al soveel spanning, geluk en trots ervaar is.

Juffrou Linda Peacock, ons eie netbal-fundi, sê dat netbal nog altyd ‘n kompeterende sport was, maar baie meer aandag geniet vandat daar nuwe toernooie en netbalreekse is. Sy sê ook dat die fi siese en geestelike dimensies van netbal oor die jare uitgebrei het. Gebalanseerde eetpatrone en oefenprogramme word deesdae per individu aangewend waar dit ‘n paar jaar gelede nog onbekend was. Die tegnologiese eienskappe van dié sport het so ontwikkel dat hand-oog-koördinasie en vinnige refl ekse van elke speelster met moderne oogtoetse geëvalueer word!

‘n Belangrike wenk wat sy vir die spelers kan gee, is dat dit nie saak maak hoe die skeidsregter blaas nie, maar dat jy moet kan aanpas en om die skeidsregter speel. Dit is iets wat ons netbaldogters nog altyd suksesvol kon aanwend, en met goeie sport(vrou)gees en deursettingsvermoë kon vasbyt tot aan die einde van elke wedstryd.

2016 gaan ‘n spesiale jaar wees vir ons uitstekende netbalspeelsters, en daar sal beslis duisende doele vir die volgende dekades in die geskiedenisboeke opgeteken word.


Muurbal in die Kollig

Yvette van Heerden

Muurbal in die Kollig.png

Die afmetings is slegs 6.5 m by 9.7 m. Maar in hierdie blokkie waar die 2 spelers om mekaar tango, ontmoet die uithouvermoë van ‘n maratonatleet die balvaardigheid van ‘n tennis- of hokkiespeler. Sweet is net so min opsioneel as wat die mure kan beweeg – jy kom met álbei in gereelde kontak tydens ‘n muurbalwedstryd.

Volgens ons nommer een speelster, Liana Maritz, leer ‘n mens geldige lewenslesse deur muurbal te speel soos: “Mens kan nie by al die balle uitkom nie, jy gaan sommiges mis. So, jy moet leer om daarvan te vergeet en aan te beweeg.” Soos in alle sporte moet ‘n mens fiks wees en volgens Etienne Stone is dít die deurslaggewende faktor in muurbal wat almal miskyk. ‘n Uitstekende beginnerskliniek word aan die begin van elke seisoen aangebied waar ervare muurbalspelers hulle geheime met belangstellendes deel. Die afgelope seisoen was Helpie-muurbal bevoorreg genoeg om Elanie en Lume Landman (onderskeidelik SA se nommer 2 en 5 spelers) te hê wat ‘n intensiewe kliniek aan- gebied het.

Deur die week tydens oefentye rig die befaamde Gary Naocloo die Helpie-span af. Dus: fikse, vlugvoetige en balvaardige Helpies behoort te fokus tydens juf. Maricien, die koördineerder van die sport, se volgende afkondiging. Muurbal, een van Helpmekaar se meer gekamoefleerde sporte, hoort in die kollig.


Krieket Slaan ‘n Barshou

Susan Steurer

Krieket Slaan 'n Barshou

Mnr. Christoff Visser, afrigter van die eerstespan, is van mening dat die pas afgelope krieket- seisoen (September 2015 – Maart 2016) ‘n positiewe een was. “Ek moes gereeld my krieketskoene onder die babadoeke soek, maar andersins het alles goed gegaan.”

Hy is veral trots op die eerstespan se vertoning by die St. Albans IEB-skole krieketfees waar die Helpies hulle beste vertoning nóg gelewer het.

Mnr. Willie van der Merwe, afrigter van die o.14-span, is opgewonde oor die nuwe Welpie-talent. “Daar is baie potensiaal onder die spelers en hulle het veral tydens die Waterstone College-wedstryd baie “guts” gewys.”

Mnr. Willie en John Bailey, wat betrokke is by die Suid-Afrikaanse o.21-span, is ook by die krieketakademie betrokke waar toekomstige A.B.’s en Shane Warne’s gekweek word.

Mnr. Marnus, organiseerder van die sport, is tevrede met die Helpmekaar-krieketspanne wat tweede in die Johannesburgse skole-liga geëindig het. “Cobus van der Merwe (graad 12) het die beste vertoning van die seisoen gelewer toe hy 240 lopies teen Trinity Falls behaal het.”


Perdepraatjies.png

Mignon Drotsche

Daar is 20 Helpmekaar-ruiters wat aan die Sentraal Gauteng-interskole perdrykompetisies deelneem. Tans is al die ruiters besig met uitdunrondtes by Eaton Farms waar die meeste van die kompetisies hierdie termyn sal plaasvind.

Daar is verskeie dissiplines waaraan die ruiters kan deelneem soos bv. dressuur, spronge en “cross-country”. Gedurende die jaar is daar vier kwalifi serende rondtes waar die top 8-ruiters deurdring na die Nasionale Kampioenskappe.

Alhoewel ruitersport meestal net oor individuele kompetisie gaan, is die ruiters nog steeds hulpvaardig en ondersteunend teenoor mekaar. In ’n onderhoud met twee van ons ruiters, Angelique Göbel en Marika Riga, vertel hulle dat die Helpie-ruiters soos ’n familie is en dat almal deel in die vreugde van mekaar se prestasies.


Oppas Serena, Helpie-tennis-dogters is Op Pad!

Karyn Ebersohn

Oppas Serena.png

Rakette swaai en ondersteuners se koppe draai! Helpies se dogterstennis is een van die vele sporte wat uitblink.

“Dit is 100% Helpie Magic!”, sê Juf. Arina Swanepoel, koördineerder van die meisiestennis, opgewonde. “Hoe anders sal ‘n mens dit kan beskryf as passievol, talentvol en hardwerkend?” Volgens haar kom die Helpies se uithouvermoë en doelgerigtheid beslis uit op die tennisbane.

Die Helpies kon hierdie jaar vir die eerste keer drie spanne vir die liga inskryf nadat hulle verlede jaar se seisoen uitstekend afgesluit het. Daar speel tans 25 dogters vir Helpmekaar se tennisspanne, en volgens Juf. Arina is daar selfs plek vir onervare outjies wat graag hulle vaardighede wil verbeter of wat net sosiaal tennis wil speel. Helpmekaar se spanne het vanaf Januarie tot Maart aan die tennisliga deelgeneem. Hulle het teen skole soos Trinity House, St. Mary’s en St. Stithians gespeel. Die Helpie-tennisdogters het vanjaar so goed gevaar dat beide die A en B-spanne hulle liga gewen het en erekleure verower het.

Een van die Helpies wat na Serena Williams vernoem kan word, is Lara Eksteen. Lara het die wonderlike prestasie behaal om van graad 8 tot en met 12 die posisie as nommer een-speler in die A-span te beklee. “Sy is ’n wonderlike rolmo- del wat jonger spelers meer kan leer van vasbyt, uithou en kophou”, het juffrou Arina Swanepoel gesê. “Ons gaan die matrieks baie mis.”


Helpie Atletiek.png

Jacques Peacock

Atletiek Foto's.png

Helpmekaar se atletiekspan het hierdie seisoen weer skoonskip gemaak tydens die Goue Liga Atletiekbyeenkoms te UJ-stadion én die NWU-Pukke Super-Interhoër.

Die Helpie-volk het op Vrydag, 19 Februarie neergesak op die UJ-stadion om die atlete tydens die Goue Liga-byeenkoms te ondersteun. Hierdie byeenkoms is die grootste voorbereiding vir die Super-Interhoër en agt skole het deelgeneem. Die finale uitslag was soos volg: 1. Helpmekaar Kollege; 2. Menlopark; 3. Garsfontein; 4. Oos Moot; 5. Eldoraigne; 6. EG Jansen; 7. Rustenburg; 8. Centurion.

Volgens Juan van Staden, atleet van Helpmekaar, het sekere items vir naelbytoomblikke gesorg. “Helpmekaar kon dit steeds regkry om as oorwinnaars uit die stryd te tree”, sê hy met ‘n tevrede glimlag.

Alhoewel die temperatuur op 28°C gedraai het, was die dirigent Anike Theron daarvan oortuig dat dít as motivering gedien het om die Helpies se gees net meer aan te wakker en die byeenkoms ten volle te geniet.

Die Super-Interhoër is op 1 Maart by die Herman Immelman Stadion in Germiston deur Hoërskool Randburg aangebied. Helpmekaar het van 2009 met die eersteplek in die D-Afdeling van die NWU-Pukke Super-Interhoër gevorder tot by driemalige wenners van die A-afdeling in 2014, 2015 en 2016.

Helpmekaar se atletiek-afrigters werk al vir jare intensief met die atlete om hierdie mylpale te bereik. Hierdie jaar se Interhoër het dus groot opwinding gelewer en soos gewoonlik niemand teleurgestel nie.

Atletiek Uitslae


Is jy net Baie Praat of het Jy Spiere van Formaat?

Karyn Ebersohn

Het jy.png

Sterk arms en mooi bobene kom nie net sommer van niksdoen nie, die Helpies “gym”! Helpmekaar is baie bevoorreg om die skool se eie kondisioneringsentrum op die skoolterrein te kan hê. Aan die stuur van hierdie uitstekende sentrum is mnr. Dietlov Coetzee wat hierdie jaar by die Helpie-familie aangesluit het.

Die kondisioneringsentrum se deure staan oop vanaf 6 uur in die oggend tot wanneer die busse vertrek in die middae vir enige Helpie wat die wintervetjies wil weghou. Die Helpies se veiligheid is natuurlik een van die grootste prioriteite en daarom is daar ten alle tye toesig by die sentrum.

Die sentrum is propvol toerusting wat só ontwerp is dat dit al die spiere in die liggaam kan oefen. ‘n Mens kan byvoorbeeld gebruik maak van die “Bench Press” as jy op jou arm en bors-area wil fokus, of die roeimasjien wat volgens mnr. Dietlov die mees effektiewe masjien in die sentrum is. Volgens hom werk die masjien nie net aan jou armspiere nie, maar ook jou beenspiere en ander spiere in die laer liggaam ook.

Maak gerus ‘n draai by die skool se kondisioneringsentrum en beantwoord die immergewilde vraag: “hoeveel bench jy?” met ’n breë glimlag.


Welpies Maak Hul Merk

Susan Steurer

Welpies Maak Hul Merk.png

Agt-en-twintig Helpmekaar-wintersportspanne het op Saterdag, 7 Mei teen Hoërskool Ben Vorster kragte gemeet. Dit was veral ons Wel- pies wat gewys het waarom Helpmekaar ‘n skool is om mee rekening te hou. Volgens mnr. Willie van den Berg, rugbyafrigter van die o.14 A-span, het die o.14 B-span met hulle wentelling van 73 – 0 besonders goed gevaar. Wian Naude, die agsteman, het die meeste punte aangeteken.

Die o.14-netbalspan het vir die grootste opwinding van die dag gesorg deur hulle opponente met 16 – 15 in ‘n naelbytstryd te klop. Juf. Linda Peacock, netbalorganiseerder, is vol lof vir díe span. “Die spelers het bewys dat hulle van jongs af onder druk kan presteer.” Sy is ook baie opgewonde oor die feit dat 14 van ons netbaldogters deur is na die finale rondte van die Gautengproewe. Met druktyd was daar vier Helpies opgeneem in Gauteng netbalspanne, en twee in die o.18-ontwikke- lingspan.

Juf. Natalie, organiseerder van die mei- sieshokkie, is ook van mening dat die Welpies die beste vertoning vir die dag op die hokkieveld gelewer het. “Die o.14 B-span met hulle wentelling van 3 – 0 was beslis die span met die meeste deursettingsvermoë en afronding.” Teen druktyd was daar twee Helpie-dogters opgeneem in die Gautenghokkiespanne.


Kommentaar

Op Trek.png

Muurblommeisie

Dames, waarom streef ons daarna om daardie ‘Coke-bottel’ figuur te hê? Is dit die media? Die ouens? Hierdie tendens steek nou al lank kop uit en dit pla my om te weet dat ons as jong meisies daarna streef om die sogenaamde ‘perfekte uurglas-lyfie’ te hê.

Ons is gedurig besig met een of ander ‘boudjie-oefening’ of die nuutste ‘12-dag detoksplan’. Waarvoor?

Ons word van kleins af geleer dat ons perfek is net soos ons is, maar die dag wat ons hoërskool betree, verander dié siening heelwat. Ons begin dadelik krities na ons liggame kyk, en die rolletjie hier en selluliet daar raak al hoe meer prominent. Ons raak so bewus van die ‘ideale figuur’ dat ons boudjies vlam- vat soos hulle ‘squat’.

Ek weet dat ons almal na ons liggame moet omsien, oefen en gesond wees, maar dit beteken nie dat ons ons liggaamsbou moet verander of wegwens nie, want dít rig op die ou einde meer skade aan.

Die uurglas-figuur is maar net één van vele liggaamstipes, so voor jy jouself in ‘n koma in oefen, hou net in gedagte dat jy nie ‘n Cokebottel-meisie móét wees nie, want jy ís perfek net soos jy is.

Wanneer jy dit besef, sal jy waarlik aan jou liggaam kan werk en jou bottel-boudjie-doelwitte bereik.


Advertisements